Indompeling

Indompeling

Ja, ‘n duisend en een myl klink seker nie meer ver nie. Vandag se moderne vervoer sit maklik so ‘n afstand in minder as twee ure agter die rug en dan sluit dit sommer inboek en opklim, afklim en bagasie vat in.

Maar die is, MY duisend en een myl. Die duisend myl is my ‘journey’, die good bad and ugly, wat my by die laaste een myl uitgekry het. En wat ‘n journey was dit nie sovêr nie … sirkels, kringe, draaie, vorentoe, agtertoe, terugloop en omdraai! Soms voel dit of die duisend myl net op die een plek gebeur het, en ander kere voel dit of ek oor grense en berge geloop het om hier uit te kan kom.

As jy my vandag vra, dan kan ek met sekerheid sê dat dit daardie heel laaste myl is, wat uiteindelik regtig saak maak. Die tameletjie is, dat jy nie by daardie laaste myl uitkom voor die duisend myl nie afgehandel is nie!

Dis hy, daardie laaste myltjie, wat jou huis toe vat! En ons almal weet mos … home is where the heart is. En hel, my hart is blykbaar groot want alles het soos huis en ook ontuis gevoel – tot nou toe! Hierdie is my eet, vreet en leef!

(As jy sensitief is, dan gaan jy maar sukkel met die storie van my. Hy is sommerso geskryf, nes ek in die regte lewe praat en dink. Die twee hooftale, Engels en Afrikaans, is goed gemeng sodat jy met ‘n open mind (ja, jy gaan soms moet teruggaan en weer lees omdat die Engels so in die middel van nêrens oppop) kan lees. Ek vra nie onverskoning vir my styl nie – ek noem dit net vir die puriste daarbuite wat solank die Prozac moet nadertrek. Ek neem absoluut geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge van hierdie skrywes nie. Jy lees op eie risiko.

Buitendien, dis een manier om seker te maak jy raak nie aan die slaap met die boek nie (dis nou uit verveeldheid uit). Ek weet! Ek het al baie dit oorgekom … as gevolg van groot woorde of langdradige taal … ons wil mos almal ‘smart’ klink, dan verfonkfaai ons mos alles met ‘korrektheid’. Plaas spoeg ons net soms goed uit en basta met die res! Moenie fout maak nie, ek het absoluut niks teen slaap nie. As slaap ‘n sport was, het ek Springbokklere daarin gekry, want ek hou van slaap en iewers het ek te min daarvan gekry. Ek voel knaend asof ek nog moet inkry. Dalk was ek ‘n rustelose baba en probeer ek nou opmaak.

Ek is van daardie mense wat myle ver ry om in ‘n duur oord met ‘n lekker bed in te boek en dan te slaap asof dit iets is wat ek nie ken nie. Mis gewoonlik die hele klomp ‘activities and attractions’ (including die ‘hot’ ouens) want ek het ‘n warm verhouding met my bed aan die gang. Soms raak ek bekommerd oor die gewoonte. (Maar as ek eers ‘n slag geslaap het daaroor, dan voel ek stukke beter.)

Dus, as jy aan die slaap raak met my paragrawe tussen jou moeë vingerpunte, gaan ek sommer net aanneem dat dit is oorlat jy bitter min slaap gehad het die week en nie omdat ek jou grensloos verveel nie.

Maar hier is ook sulke ernstige stukke tussenin. Niemand se lewe is net lag en plesier en pret nie. Elkeen van ons het ‘n stuk stukkend in ons, iets wat ons sukkel om terug aan mekaar vasgegom te kry, sodat dit weer nuut lyk. Ons stoei met onsself daaroor en partykeer wil ons die hele ding vergeet of wegdrink of laat wegraak.

Soos jy, het ek ook so ‘n stukkend of twee, en miskien is joune ook soos myne, plek-plek meer stukkend as heel. Ek hoop dat as ek my lief en leed met jou deel, sal jy ‘n plekkie van gerustheid vind wat vir jou laat herinner dat dit alles is deel van dit wat ons die lewe noem. Ek glo vas dat as ons mooi kyk, is daar selfs in die diepste seer, die mooiste mooi.

En glo my! Ek is geen wonderwoman nie. Ek stoei ook met my stukkend! Meer as wat gesond is vir myself, want ek weet nie wanneer het wat meer stukkend geraak nie. Ek het ‘n ellelange lys van stukkend, van molestering (nie deur iemand in my familie of gesin nie, maar vriende se tienerseun), tot verkragting (deur ‘n kliënt), tot aborsie, tot vrouemishandeling en dan is daar die groot goed, soos liefde wat ek verloor het en my ma wat te vroeg doodgegaan het en sulke goed.

Miskien is al hierdie goed juis dit wat my programmetjie so kan omkrap, miskien nie. Miskien is dit presies hoekom ek weier om te glo dat alles in die lewe sleg is … elkeen van hierdie stukkend het my die mooiste lesse geleer.

Van voor my geboorte, het gevoel dat ek nie behoort nie, nie inpas nie en nie lekker is nie. Dit was asof daardie ‘alien gods’ hier verby is met ‘n vlieënde piering en my saam met die vuilgoed hier uitgegooi het. Die vuilgoed het seker in die see beland … want sedertdien voel ek maar bra alleen op die stukkie klip wat sonder moeite om die sonstêr wentel.

Mens sou dink na al hierdie jare sal dit al vir my normaal voel om nie te pas nie, maar dit doen nie (anyway, nie altyd nie). Soms wonder ek of ‘Normaalkollege, Pretoria’ eintlik die ding vir my sou gedoen het, maar dis nou te laat om soontoe te gaan. Normaal is lankal nie meer ‘n opsie nie. Ek is anders omdat ek is soos ek is. Buitendien, niemand kan met my verskil nie want waar dit by my kom, is EK die enigste expert. (O ja! Ek weet daar is ‘n klomp mense wat graag vir my wil wysmaak dat ek ‘nie myself is nie’, ‘nie my behoorlik gedra nie’, ‘nie volgens protokol optree nie’ en blah-die-blah-die-blah, maar ek is verby die ouderdom van ‘n flenter omgee.

Soos Oriah Mountain Dreamer skryf: “Run towards life” en as die res van die gemeenskap solank hulleself regmaak om om te kap, het ek nuus vir hulle. So skrams voor my halfeeu gaan ek nog ‘raise the dead’ … (giggel) ‘n Paar van my vriendinne het al intussen ook begin opstaan uit die dode uit.

Partykeer is dit net die aanslag van die mid-life crisis wat dit teweegbring, want hulle is almal jonger as ek, maar dit is die liberation years!

Maar ek is, en bly, ‘n positiewe mens! Elke donker wolk het mos ‘n goue randjie en like hell gaan ek van daardie wonderlike idee afsien. Ek kyk gereeld na die spierwit wolke wat so boepens in die blou lug rondhang en elke keer, sien ek daardie silwer randjie raak en dan weet ek dis oor my dat hulle daar uithang.

Iewers, eendag gaan ek my gat vind en ek gaan daar inklim en behoorlik in hom nes skop. Ek moet erken, ek het geen idee waarna ek soek nie, net hierdie verlange om êrens in te pas en te behoort.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s