Terminale Trekpas

En nes ek die lughawegebou met twee seuns aan tou instap, loop ek myself vas in die man, met wie ek meer van my volwasse lewe gedeel het as wat ek graag wil erken, en my maag maak sommer so ‘n draai. Ek moet eers so ‘n oomblik stilstaan, want ek skrik my yskoud oor hierdie mallemeule, want ek is nie seker is dit oor dit dalk is dat ek dalk nog iets vir hom oorhet nie en of dit is omdat ek my seun by hom moet laat vir ‘n tyd nie.

Ek knik net my kop en sleep vir ou Jakkie terminaal toe (wat ‘n naam vir ‘n plek op ‘n lughawe – mens sou nou dink daar is meer sensitiewe name – wat is terminaal? Die passasiers? Die personeel? Die vliegtuig? As iemand ooit eendag uitvind, laat my weet asseblief. Dit klink vir my so fataal.). Ons laat sy bagasie toedraai want Rene wurg my as hulle so veel as ‘n paar sokkies uit daardie kind se tas zik en ek verstaan hoekom. Dan stap ons soos Zombies op en af tussen rye tou terwyl daar amper niemand by die ‘terminaal’ is nie en gaan staan heel voor tot iemand ons naderwink.

Ons gee dokumente en kry als terug met ‘n ‘boarding pass’ (of is dit nou ‘n trekpas?). Ek vat vir Jakkie terug na waar my kind se pa sit en gaan terug na my kind toe. Ek gryp hom en gee vir hom ‘n druk wat vir hom seker vir die volgende week nog gaan puisies gee omdat hy nie sy ma deesdae in die publiek so druk en soen nie, en skielik weet ek dat ek eintlik net ‘n maagdraai gehad het oor ek my mannetjie gaan mis.

Sy pa staan nader en begin praat oor skoolboeke. (Die is nog steeds die bliksem in oor die hof gesê het hy moet al die skoolgelde en onderhoud betaal, maar ek kan nogal dikvellig raak). Ek staan en kyk vir hom terwyl hy praat en skielik, uit nêrens uit, weet ek my ‘journey’ van ‘n duisend myl is agter die rug.

Skoolboeke en goeters is nou die laaste ding waaraan ek wil of kan of gaan dink. Ek dink aan my! Me, myself and I, en jislaaik-it, ek laaik dit dik stukke. Ek kan sjokolade eet sonder ‘n speech, coke drink tot ek verstik, in my pajamas rondflenter tot drie uur sonder ‘n tande-geborsel, my naellak laat chip, hard en aanhoudend snork soos ek lus kry, ‘n broekhoesie kug as ek wil en dan nog self weghardloop vir die ‘klankie’. Manne! Vroue! Dis mos die lewe die! (Hoekom is dit so erg moeilik om te aanvaar dat menswees saam met ‘n hele klomp aardige dinge gaan! Gmf, ek is darem moeg vir pretensie!)

Vir die eerste keer, voel ek vry en verlig en heeltemal gelukkig dat ek nie meer met die hittespeling in my man se kop hoef te kompeteer nie, nie hoef te bekommer of die Kersete goed genoeg is of genoeg mense beïndruk of enige vorm van genoeg op enige vlak hoef aan te neem nie. Ek weet ek het genoeg vir my en ek glimlag so breed dat hy amper saam met my glimlag.

Ek is in so ‘n goeie bui toe ons groet dat ek hom sommer ‘n geseënde Kersfees toewens en tien kilo’s ligter voel toe ek na my trokkie toe terugloop. En ek weet alles is OK en ek is vir die eerste keer in my lewe is ék, ook OK!

Advertisements

One thought on “Terminale Trekpas

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s