Tydskrifte en Nuwejaarsvoornemens

Vir enige sakevrou wat nie haar kombuis as haar alfa en omega aansien deur die verloop van die Gregoriaanse kalender nie, is dit elke jaar ‘n verdomde mission dat ‘volgende jaar’ gaan ek minder take-aways eet en meer gesonde etes kook en meer ‘cute’ wees en meer kinderpartytjies bywoon en al sulke jazz. (Maar genade, soms is dit ‘n mission om grootmenspartytjies te maak sonder om die bottel Salusa 45 te polish nie).

Ek vervies my soms vir hoekom ons so simpel raak omdat ons nie die ma-van-die-jaar, employee-of-the-year, vriendin-van-die-jaar en elke ander moontlike award en titel wen nie. Verdomp! Ons werk ons flippen dood, jaag huis toe om daai honger guppie-mondjies te voer, die laaste debris van die oggend se chaos op te klaar (want met die Department van Arbeid se vreeslike wette vir huiswerkers kan of wil nie een van ons meer die hele legaliteit van die saak aandurf nie, so ons het mos net elke soveelste dag ‘n liewe mens wat ons help.) (Maak mens moerig, want as ek terugdink aan Miriam wat altyd by ons aan’t huis was, het sy darem maar baie te doen gehad met my grootmaak en ek my kinders moet uitmis op die liefde van hul eie aia!)

 Eintlik het ek geen idee wat dit is met ons nie. Ek wens hulle wil ophou om die goed op daardie simpel tydskrifte te sit as uitlokking. Al wat dit vir my doen is my meer moerig maak oor die commongeit van die hedonisme daarbuite. Jy moet (hare gedoen, lippies rooi) kan kaalgat kook soos Jamie Oliver, elke wyn se toepaslikheid ken, elke nuwe Afrikaanse en Engelse boek gelees het, kinders liefderik aanraak, nooit pak gee of skree soos ‘n straatvrou wie se geld afgesteel is nie en dan moet jy nog vanaand ‘in the mood’ wees en jou man soos die kroonjuwele laat voel.

 En elke simpel tydskrif, van die Huisgenoot tot die Cosmopolitan, loop en verkondig wat ‘n real woman is. Hengheid man! Come live my life for one day, dan kyk ons waar foeter julle met julle simpel criteria heen.

 Ek is ‘n verdomde ‘sex goddess’, maar nie as ek 200 ander goed kafgedraf het op daardie alewige to-do-list nie! Dan is ek die ‘war goddess’ en ek gaan my bloedig vervies as liefie (wat moeg van die werk afgekom het en nog steeds sit en poep en chill op die rusbank voor die TV) durf waag om sy Star Trek swaard voor my kom swaai met ‘n whoo-whoo geluid. Dis net daar waar ek oupa se antieke byl van die muur afhaal en hom ‘n sex-change of note gee.

Ek dink die boek wat ek die hardste en verste weggegooi het was daardie stupid boek “Act like a lady, think like a man!” … ek hoop daai outeur bly ongelooflik ver weg van my af. Dis nou ‘n man wat ek met ‘n vlieëplak op ‘n nat gat wil bydam oor sy eie wanbegrip en mistasting van die vroulike wese.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s