Geloof, Hoop, Liefde (Eat, Pray, Love?)

En dan is daar die ding van geloof, hoop en liefde wat deur al wat ‘n grootmens is in my kop ingeprent is vandat ek my verstand gekry het. As jy glo, liefhet en hoop sal alles regkom. Wel, ek het nuus vir almal, dit het nie! En die ontnugtering was GROOT!

Ek het innig liefgehad, so innig dat ek stokblind was vir die mishandeling en later oortuig geword het dat ek nie goed genoeg is nie, dat ek nie maer genoeg is, lank genoeg is, mooi genoeg is, ‘n goed genoeg ma is nie, ‘n goed genoeg vrou is nie en dis net die boonste lagie van nie goed genoeg nie.

Dis goed genoeg om te noem dat ek fisies, emosioneel en seksueel afgekraak is totdat ek van alle vroulikheid, moederlikheid, dierbaarheid en emosie gestroop is.

En dit oor ek in die diepste van my hart geglo het dat hy sal verander, hom liefgehad het (en dit los my by ‘n nuwe dilemma van “wtf is liefde?” – dis retories, so kom ons los dit vir nou) en gehoop het die dag sal kom dat hy besef dat ek rotsvas nog altyd by hom en agter hom gestaan het. Ek weet nie wie van ons twee is die grootste idioot nie – ek wat geglo het of hy wat my nie kon sien nie.

Die hele ding het my benadering tot geloof ‘n hengse knou gegee en kan ek steeds nie vashouplek aan enige vorm van geloof vind nie. Die indoktrenering van geloof sedert mens jou eerste gedagte kry, is iets wat my steeds skepties laat. Doen goed, dis die bottomline en hou op verbeel dat alles gebeur as gevolg van … dit gebeur net as jy jou dinges lig en ‘n ‘despite of’ in plaas van ‘n ‘because of’ attitude het.

Hoe op aarde loop jy en vertel vir almal jy is ‘n christen (ek praat van hom); gee tot jou splinternuwe skoene vir die kerk se bepleitinge in ‘n Sondagdiens vir ‘n klomp minderbevoorregte mense (wat niemand eers van fotos wys nie) terwyl jy nie vir een goddelike oomblik in jou eie hart in sien en besef watse negatiewe en skadelike mens jy is nie? Hoe gebeur dit? Of is alles dan vir die show daarvan? Trek jou kaalgat uit vir jou medemens en dan bliksem jy jou vrou oor jou sondes?

Ek begryp dit nie en ek dink nie ek wil begryp nie. Dus het ek nou so ‘n renons aan kerk en dit wat mense hulleself mee openlik loop en label dat ek hulle die minste van almal vertrou. Ek weet wat jy dink, die vrou het haar nou aan die sonde oorgegee, maar ek kan jou verseker ek het nie. Ek het my aan balans oorgegee.

Inteendeel, dis juis in hierdie rebelse tyd van aanhoudend vrae vra dat ek tot die besef gekom het dat goddelikheid binne in jou eie hart bestaan en dis waar goedheid, selfbeheersing, lankmoedigheid, geduld, vrede, vreugde getrouheid, goedheid en sagtheid hulle sade plant en dis wat jy moet water gee. Die res is ritueel en as die ritueel vir jou werk, doen dit! Ek kan bloot nie meer nie.

Dit sou ‘n heelwat makliker uitweg gewees het om my aan rooi koeldrank en skoolseuns oor te gee (dink net wat ek die arme bloedjies alles sou kon leer), mans by die troppe huis toe te sleep, my kruideniersgeld vir drank verruil en sonder onderklere begin rondloop, maar ek het ‘n dieper sin vir my eie waardes en beginsels gekry. Ek bepleit nie dat almal nou hulle geloof, hoop en liefde eenkant toe smyt nie, maar eerder dat dit wat jy glo in jou moet leef en saamleef.

Hoe gaan slaap jy dan rustig elke aand en wikkel jouself in droomland in as jy binne in jouself ‘n honderd mans vashou vir wie jy nie eintlik ‘n flenter omgee nie? Of is dit nou waar die drank inkom en jy dan begin om jouself buite jouself te suip sodat jy net kan vergeet? Tog is hier iewers binne in my iets wat besef wat die prys is wat mens betaal vir sulke simpelgeit waar niks . Dis nie een of ander siekte of gejeuk nie, maar die sieleprys wat jy betaal om jouself so te verkoop en dan kan jy onmoontlik nie vir jouself lief wees nie en as ons moet geloof hier insleep, dus ook nie vir jou naaste nie. (Jy moet jou naaste liefhê soos jouself!)

Wat vir my ‘n hengse surprise was, is hoe vrylik dwelms beskikbaar is en bekombaar is en deur mense my ouderdom (en ouer en jonger) soos tjoklits gebruik word.

Die partytjies wat ek nou wel in hierdie enkeltyd bygewoon het, het my tot in die straat in geruk! Duidelik het ek vir te lank te veilig in my huisie gebly en gedink ‘die mens is iets kosbaar en sy lewe ‘n genade’ (uit een van my Duitse voorgeskrewe boeke van skooltyd af [Dankie Juffrou Murrack] … ek is ook nogal impressed dat ek so ver terug kan onthou!).

Maar toe nie! Dwelms is so bekombaar soos sigarette en tjoklits … regtig! Dit word sommer so terloops vir jou aangebied en by huispartytjies, loop almal so openlik gebruik goed wat ek nie name voor wil ken nie, dat ek met my eerste ervaring woes begin eet het.

Ek het eers gedog dis die ‘munchies’ omdat ek alles so moes inasem, maar toe besef ek dis van senuwees, dat die polisie enige oomblik daar gaan inloop en ek onskuldig in ‘n vrot tronksel gaan moet slaap. (Ek het ‘n ding oor skoon goed en ‘n tronksel het my nog nooit getref as skoon nie.)

Ek was so die hel in by een so ‘n paartie. Veral oor ek so stupid was om te dink dat mense wat ek gedink het ek ken, my so onverantwoordelik in ‘n gedrang laat beland Gmf, hoe durf mense jou sommernetso blootstel aan goed wat hulle iewers in hulle leë koppe kan regverdig as ‘fucking fashionable’ – liewe ou tant Sannie Langvis!

Maar dis net een van daardie gebeurtenisse wat jou beginsels en jou menswees rondruk en pluk – en nou is ek bitter versigtig by wie ek aan’t huis gaan vir ‘n “lekker paartie”. Nee wat, ek ry eerder na ons lokale poep en gril toe (in Ingels “Pub and Grill”) en gaan ruk my lyf soos iemand in elektriese skok rond, heeltemal op my eie en drink water. So bly ek anoniem en niemand peuter met my nie – ek weet wat hulle dink  – ‘die tannie issie lekker nie’ – en dan kry ek so ‘n paar simpatieke kyke in my rigting (so tussen elke ‘Run, people, run!’) en ‘n paar lag, maar dis ok – dance like nobody’s watching!

Gelukkig verdwyn daardie simpel gevoel van ‘wat sal die mense sê’ na jy jou eerste veertigste jaar klaarmaak – dan worry jy oor wat jý gaan sê as jy op 95 op die stoep met jou hekelwerkies sit! (Help my net dat ek nie Alzheimers kry nie – Tourette’s asseblief – ek vloek eerder voor ek alles vergeet.)

Dis moeilik om jou kompas in die regte rigting te hou in ons nuwe era waar alles ‘OK’ is om te doen. Niks is meer privaat nie – jy en ek is albei all over die kuberruimte – en dus is wat jy in jou binnekant is, vir my, baie meer belangrik as wat jy aan jou buitekant is. Al wat ons kan hoop is dat al hierdie blootstelling na buite, jou soms laat terugkeer na jou binnekant, want dis waar geluk op sy lekkerste leef.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s