Kos!

Kyk, met die intrapslag by die huis, na ‘n lekker stort en skoon klere (wat nie in ‘n gastehuis se badkamertjie met sjampoe en conditioner gewas is nie) het ek besef dat die vakansie kos vreeslik lekker was.

My gewone klere het gespan om die twee stewige boude wat ek gegroei het en die knoop in die middel het tattoërmerke om my middel gelaat. Ek weet nie wanneer die ekstra ponde my so bespring het nie, maar ek het, soos oudergewoonte, neergeskryf waar ek orals was en ek gaan nie weer by daardie dorp aan nie.

In my beskeie en leek opinie, is daar ieder geval nie ‘n nasie op hierdie planeet wat kan kos maak soos ons Suid-Afrikaners nie. Niemand het my nou al ooit geld gegee vir my opinie nie, maar ek kan net sê dat ek nou al van China af tot in Amerika gereis het en bliksement! Ons kan kos maak. Ons mag maar.

Van China se ongesoute vreemde wit jellieagtige dryfende dinges, tot die meesterburgers in Amerika, kook ons met passie! En ons eet, met dieselfde passie!

Suid-Afrikaners hou van kos wat jou binnekant kan oorneem soos ‘n derde wêreldoorlog. Ons sit goeters by … heerlike vars kruie en slim speserye … diep, geurdeurdrenkte souse en kraakvars, yummy groente, wat sorg vir ‘n taste explosion of note!

En dan bid ons, eet ons, kuier ons en raak verlore in die sensasie van eet. Ek het al gewonder of mens in ons land ook ‘n culinary tour kan begin vir oorsese toeriste. Jy bly ‘n week lank by ‘n gesin in ‘n kontrei en jy eet van ons elke dag kos. Dit moet ‘n wenner wees!

Natuurlik sal die ‘hidden agenda’ wees dat lugrederye soos SwissAir en Aitalia groter sitplekspasie moet bewillig, want dan is daardie Europeërs ook nie meer so tiny nie.

Kyk maar gerus in enige Suid-Afrikaanse vrou se kombuis. Daar is kookboeke van al die famous chefs: Jamie Oliver, Nigella Lawson, Pure Leith, Vloekwoord Ramsay ens. Ons krap so deur hulle resepte, verneuk met die bestandele (want heiden-hert ons het nie altyd al die goeters wat hulle in hulle ‘deaprtment stores’ het nie) en dan skop ons uit met ‘n dis wat elke-dag kos word.

Ons Suid-Afrikaners is nie bang nie. Selfs ons mans kan ‘n formidabele klomp kos voorberei en voorsit. Gespesialiseerde en geheime mengels om potjies en braaivleis te geur. Paptertkombinasies wat jou laat voel of jy wolf is wat die sewe bokkies ingesluk het, slaaie met die interressantste bestandele, strope, souse, rome en dies meer wat net die beste uit ons abundance of meat vorendag bring. In goeie Afrikaans – ek LOVE ons kos!

Deur al my reise om die wêreld, kan ek met sekerheid sê dat die heel lekkerste geroosterde kaas broodjie wat ek nog OOIT geëet het, by Forrester’s Arms in Swaziland was, die lekkerste vleis, by vriende om ‘n braaivleisvuurtjie, die beste fudge, uit my vriendin, Engeltjie, se kombuis, die interessantse versnapperinge, in Tasha se stylvolle borde, die beste hoenderpastei, van tannie Martie af, die romerigste pasta, uit Juan se potte uit, Mishelly se wildsvleis en boerekos (njam), Rienie se bobaas sop-vir-die-winter en so kan ek talle Suid-Afrikaners besing wat my baie meer beïndruk as enige celebrity.

Die Michelin chefs kan gerus kom kers opsteek by die nasie wat weet hoe om lekker te eet en lekker te leef. Hulle gee pryse, maar ons gee ons harte.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s